André P. Brink

Inligting oor André P. Brink

André P. BrinkAndré Philippus Brink (gebore op 29 Mei 1935 in Vrede, Vrystaat) is 'n Suid-Afrikaanse skrywer (prosaïs, dramaturg, teoretikus), en skryf in Afrikaans en Engels (dikwels gelyktydig in beide tale). Sy werk is in ten minste 20 tale vertaal.

Saam met onder andere Breyten Breytenbach word hy as een van die letterkunde-beweging, die Sestigers, beskou. Hy is tans 'n emeritushoogleraar in Engels aan die Universiteit van Kaapstad.

Toekennings

Brink is 'n veelbekroonde skrywer. Hy ontvang onder andere die volgende toekennings:

1963 Eugéne Maraisprys van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir sy drama Caesar
1964 Geerligs-prys
1965 CNA-prys vir sy reisverhale Olé
1970 Akademieprys vir Vertaalde Werk van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir sy vertaling van Alice deur die Spieël (Lewis Carroll)
1978 CNA-prys vir sy roman Rumours of Rain (die Engelse weergawe van Gerugte van Reën)
1980 Prix Médicis Étranger (Frankryk)
1980 Martin Luther King Memorial Prize (VK)
1982 Ridder van die Franse Legion d'honneur (Frankryk)
1982 CNA-prys vir sy roman A Chain of Voices (die Engelse weergawe van Houd-den-Bek)
1987 Offisier van die Franse Orde van Kuns en Lettere (Frankryk)
1994 Gustav Prellerprys vir Literatuurwetenskap en Letterkundige Kritiek van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
2000 Hertzogprys van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir sy drama Die Jogger
2001 Hertzogprys vir sy roman Donkermaan

Publikasies

Romans
1958 Meul teen die Hang
1958/9 Die Gebondenes
1960 Eindelose Weë
1962 Lobola vir die Lewe
1963 Die Ambassadeur
1965 Orgie
1969 Miskien Nooit
1973 Kennis van die Aand
1975 ʼn Oomblik in die Wind
1978 Gerugte van Reën
1979 ʼn Droë Wit Seisoen
1982 Houd-den-Bek
1984 Die Muur van die Pes
1988 Die Eerste Lewe van Adamastor
1988 States of Emergency
1991 Die Kreef Raak Gewoond Daaraan
1993 Inteendeel
1995 Sandkastele
1998 Duiwelskloof
2000 Donkermaan
2002 Anderkant die Stilte
2004 Voor Ek Vergeet
2005 Bidsprinkaan
2006 Die Blou Deur/The Blue Door
2008 Ander Lewens


Dramas

1956 Die Band om ons Harte
1961 Caesar
1962 Die Koffer
1965 Bagasie (Koffer, Tas, Trommel)
1965 Elders Mooiweer en Warm
1970 Die Verhoor
1970 Die Rebelle
1971 Kinkels innie Kabel
1973 Die Bobaas van die Boendoe
1973 Afrikaners is Plesierig
1974 Pavane
1976 Die Hamer van die Hekse
1979 Toiings op die Langpad
1997 Die Jogger



Reisverhale

1962/3 Pot-Pourri
1963 Sempre Diritto
1965 Olé
1969 Midi
1969 Parys-Parys Retoer
1970 Fado

Akademiese Werke

1959 Orde en Chaos
1967 Aspekte van die Nuwe Prosa
1971 Die Poësie van Breyten Breytenbach
1974 Aspekte van die Nuwe Drama
1976 Voorlopige Rapport
1977 Jan Rabie se 21
1980 Tweede Voorlopige Rapport
1983 Mapmakers: Writing in a State of Siege
1985 Literatuur in die Strydperk
1985 Waarom Literatuur?
1987 Vertelkunde
1996 Reinventing a Continent: Writing and Politics in South Africa
1996 Destabilising Shakespeare
1998 The Novel: Language and Narrative from Cervantes to Calvino

Ander Werke

1961 Bakkies en sy Maats – 1 Die Bende
1962 Bakkies en sy Maats – 2 Platsak
1963 Die Verhaal van Julius Caesar
1965 Rooi (5 kortverhale in bundel; met ander)
1973 Portret van die Vrou as ʼn Meisie
1973 Die Geskiedenis van Oom Kootjie Emmer van Witgatworteldraai
1973 Brandewyn in Suid-Afrika
1974 Dessertwyn in Suid-Afrika
1974 Die Klap van die Meul
1974 Die Wyn van Bowe
1979 In Camera: Portraits of South African Artists/In Kamera: Portrette van Suid-Afrikaanse Kunstenaars
1981 ʼn Emmertjie Wyn
1981 Heildronk
1983 Oom Kootjie Emmer en die Nuwe Bedeling
1984 Loopdoppies

Omnibusse

1982 Die Fees van die Malles
1986 Mal en Ander Stories
1990 Latynse Reise
2006 Met ʼn Glimlag

Samestellings

1977 Oggendlied: ʼn Bundel vir Uys Krige op sy Verjaardag
1979 Klein Avontuur (Top Naeff)
1986 A Land Apart: A South African Reader (saam met J.M. Coetzee)
1994 SA 27 April 1994
1995 27 April – One Year Later/Een Jaar Later
2000 Groot Verseboek 2000



Hierdie artkel is gelisensieer onder die Vrye Dokumentasie Lisensie. Dit gebruik materiaal uit die Wikipedia artikel "André P. Brink".