Ena Murray

Inligting oor Ena Murray


Ena MurrayEna Murray is op 27 Desember 1936 op die klein Karoodorpie Loxton gebore. Sy was die middelste van drie dogters van die plaaslike geneesheer, Dr. Mans.

Sy het haar skoolopleiding op Loxton en die buurdorp Victoria-Wes ontvang en voltooi.

Na skoolopleiding het sy gaan verpleeg en is later met Boet Murray van Loxton getroud.

So keer sy terug na haar geboortedorp en haar skryfloopbaan begin in alle erns. Na twintig jaar eindig hierdie huwelik in die egskeidingshof en sy gaan vestig haar op Wildernis in die Suid-Kaap. wee jaar later trou sy met Jaques Mostert en na tien jaar verhuis hulle na ‘n aftree-oord in Mosselbaai waar sy tans nog woon. Beide huwelike was kinderloos.

Gedurende die 33 jaar wat sy voltyds geskryf het, het 131 titels agter haar naam verskyn. Sy het bekendheid verwerf hoofsaaklik deur haar liefdesverhale, maar sy het ook speur- , spioenasie- en avontuurverhale die lig laat sien en daardeur ‘n wye veld van lesers bereik. Ook ‘n paar geestelike boeke en ‘n digbundel het uit haar pen verskyn.

Baie van haar boeke is op ware gebeurtenisse en mense wat werklik bestaan het en wel nog bestaan gebaseer, en dit is veral hierdie verhale wat bygedra het tot haar gewildheid. Die lesers kon hulle vereenselwig met die karakters en so is twee van haar boeke verfilm. Die eerste was Vrou uit die nag deur die destydse Christelike filmmaatskappy Carfo en die baie bekende lekkie in die son wat afspeel in ‘n melaatse inrigting.

Sy is baie gesteld op navorsing oor haar onderwerp voordat sy begin skryf. Of dit histories, medies of aardrykskundig van aard is, sy begin nie ‘n verhaal voordat sy nie van al haar feite verseker is nie.

Sy het destyds in die melaatse inrigting Westfort net buite Pretoria gaan bly om die nodige navorsing oor Plekkie in die son te doen.

Haar boeke verskyn ook in grootdruk en is deur die Pioeniersskool te Worcester en deur Bandhulp vir Blindes in braille en band opgeneem.

Sy is al bestempel as “die mees gelese skrywer in Afrikaans”. In ‘n opname deur Radio Sonder Grense en Tafelberg-Uitgewers is sy aangewys as die gewildste skrywer in Afrikaans.

Ena Murray Boeke (Uit druk)

Agter die masker (1974)
Die despoot van Duiwelskloof (1978)
Ena Murray-omnibus (1979)
As die wind daaroor gaan (1985)
Sondes van die vaders (1986)
Senor die seerower (1987)
Sê groete vir pappa (1990)
Die oujongnooi van Polkadraai (1990)
Appelbloeisels en jasmyn (1990)
Wanneer die nuwe dag breek (1991)
Dokter Julene (1991) Lise (1992)
Die vrou in die spieël (1992)
Die ongebore uur (1992)
En die klippe sal uitroep (1993)
Die uurglas loop leeg (1995)
Omnibus 27 (1997)
Omnibus 32 (November 1999)
Omnibus 35 (August 2001)
Omnibus 36 (April 2002)
Omnibus 37 (September 2002)
    • Die Meissner-kliniek
    • Dokter Julene
    • Die Ongebore Uur

Die 3 boeke vorm Die Meissner-sage

Omnibus 38 (April 2003)

    • Die tonnel
    • Keerkring van die hart
    • Die klippe sal uitroep

Omnibus 39 (April 2003)
Omnibus 1 (April 2004)
Omnibus 2 (June 2004)
Omnibus 3 (September 2004)
Omnibus 4 (November 2004)

Omnibus 6 (May 2005)

    • Tonge Van Vuur
    • Die Geheim can Hercule Cordier
    • Waar die Wilde Besembos Bloei

Omnibus 7 (September 2005)

    • Paspoort na gevaar
    • ’n Bruidegom vir Lille
    • Martelmars van die noodlot

Omnibus 8 (November 2005)

    • Heerser van die Quinta
    • Oos na die son
    • Merk van die skarabee

Ena Murray Boeke (Steeds Beskikbaar)

Omnibus 5 (April 2005)

    • Vreemdeling in Eden
    • Tahiti, verre land
    • Hartklop van Hawaii

Omnibus 9 (April 2006)

    • Luidende simbale
    • Dieplood
    • Groter liefde as dit

Die 3 boeke vorm Die Hammanshof-sage

Omnibus 10 (June 2006)

    • Die reëngod Tlaloc
    • Vlug van die albatros
    • Koning van die Kanaku

Omnibus 11 (October 2006)

    • Die spookvrou van Santa Catalina
    • Roep van die Naguil
    • 'n Bruid vir graaf Debussy

Ena Murray Gunstelinge (November 2006)

    • Verwonde Jare
    • Sê Groete Vir Pappa
    • Op Pad Na Kanaän
    • Die Wit Koningin

Omnibus 12 (December 2006)

    • Lied van die Campino's
    • Altaarvure op Kandavu
    • Koninkryk van Ricardo

Omnibus 15 (September 2007)

    • Sluiers van die nag
    • Wewenaar van Groene Weide
    • Boeie van goud

Omnibus 16 (November 2007)

    • Onrus op Oshakati
    • Regters oor gister
    • Weerklank van die liefde

Omnibus 17 (April 2008)

    • Rabbedoe van Rietkuil
    • Waar die nagtegaal sing
    • My afgemete deel

Omnibus 18 (June 2008)

    • Diena van Die Eike
    • Soveel blye dae
    • Helder is die nag



Inligting omtrent Ena Murray self is gevind op Dorings en Rose. As iemand 'n foto het van die Skrywer wat ek hier mag gebruik, sal ek verheug wees. Stuur Epos aan